Homestretch

Die laaste pylvlak van 2025

Die jaar het onder ons uitgehardloop en kersversierings begin al uitgestal word.  Aan die begin van die jaar het jy dalk  nuwejaarsvoornemens gehad om `n sekere hoeveelheid massa te verloor in die jaar.  Party van julle het dalk al dit bereik of amper bereik, party het dalk goed begin verloor, maar iewers oppad so bietjie die pad byster geraak.  Ander het dalk nou eers onlangs begin.  Maar wat ons almal in gemeen het is dat dit nog nie te laat is om nog massa te verloor nie – 2025 is nog nie verby nie – jy kan nog `n goeie 5kg+ verloor voor Kersdag en natuurlik wil ons daai goeie eetgewoontes dan ook oordra na 2025 en daarmee voortgaan om dit `n lewenstyl te maak.

Een ding wat alle mense wat baie massa verloor het, in gemeen het, ongeag watter “dieet” hulle op was, is dat hulle `n wilsbesluit gemaak het.  Dalk het jy al heelwat massa verloor en onthou jy dat jy daai keuse gemaak het en vasgebyt het om daarby te hou.  Ek wil amper sê dat 90% van gesond eet en massaverlies in jou kop begin – dit begin met `n besluit en dan kom die uithou en aanhou en om dag na dag, maand na maand, selfs jaar na jaar beter keuses te maak- meeste van die tyd.  Natuurlik gaan mens nie elke dag perfek eet nie en mens gaan dalk soms verkeerd eet of  bietjies te veel eet, maar op die ou einde as mens net vasbyt en meeste van die tyd beter eet, sal die massa afkom.  Die term GRID word gebruik om daai uithou en aanhou te beskryf – ek sal die link vir julle op die whatsapp groepie aangestuur en hoewel hulle in die video praat van sukses in die werksplek, kan ons dit ook deurtrek na suksesvolle massaverlies. 

Die volgende 15 punte kan jou dalk help om vas te byt en aan te hou en sukses te bereik:

  • Gee jou liggaam wat hy nodig het – gesonde kos wat kan help om jou gesond te hou – vrugte, groente, volgrane, maer hoender/vleis en meer vis, lae vet suiwel, peulgroentes soos bone en matige porsies gesonde vette.
  • Oppas vir die “Alles of niks” houding.  Baie mense wat gesonder wil eet en massa wil verloor raak vasgevang in `n “alles of niks” stryd.  As jy dalk eers een koekie geëet het, besluit jy ag, klaar gekroek eet sommer die res van die pak ook en nog fudge en koek ook.  Oppas daarvoor.  Dink eerder anders daaroor – een koekie gaan nie groot skade doen nie, maar om die hele pak op te eet is nie slim nie.
  • Begin NOU, moenie wag tot volgende jaar as vanjaar se massaverlies nie na plan verloop het nie, teen volgende jaar weeg jy dalk nog swaarder.  Maak sommer die volgende ding wat jy in jou mond druk, `n gesonde keuse. 
  • Moenie “crasch diet” nie en raak ontslae van `n “dieters mentality”.  Moenie Maandag begin dieet, net om Woensdag van die dieet af te gaan en dan weer volgende Maandag begin nie. Oppas vir diete wat bitter min kilojoules gee en baie beperk is, mens verloor massa maar tel dit net so vinnig weer op omdat dit nie `n lewenstyl word nie.
  • Kyk na jou MHL eetplan – bestudeer jou eetplan mooi dat jy kan sien hoe jou porsie grootes moet lyk en watter kosse geskik is om te eet.  Hou die eetplan opwindend deur te speel met speserye en kruie. Drink genoeg water en fokus op gesonde voedselvoorbereidingsmetodes.
  • Moenie temptasies in die kas aanhou nie.  As daar lekkers, aartappelskyfies en ander versoekinge in die kas of yskas is, is dit moeilik om nie daarvan te eet nie.
  • Belê in jou gesondheid – maak `n punt daarvan om wanneer jy lidmaatskap te betaal vir `n gimnasium of MyHealthyLiving, jy alles in jou vermoeë doen om waarde vir jou geld te kry.  Jy wil tog nie die gym betaal en nooit gaan en nooit fikser of sterker word nie.  Net so wil jy ook nie elke maand MHL betaal, maar nie die eetplan volg nie.
  • One body, one life – jy is alleen verantwoordelik vir wat jy eet en watter keuses jy maak en of jy by die gesonder lewenstyl hou of nie.  Eerlikheid speel `n groot rol – moenie dink die plak sjokolade wat jy na `n gesonde aandete skelm in die kombuis eet, , gaan nie vet maak nie.  Niemand druk `n geweer teen jou kop en dwing jou om iets te eet nie, dis jou besluit en jou keuse.  Doen goed om jouself gemotiveerd te hou – betaal `n R100 boete as jy massa optel, of belowe jouself `n mooi rokkie of `n lekker bederf sessie as jy bv. 5kg verloor het.  Sulke belonings is lekker wortels voor die neus.
  • Stel realistiese doelwitte – moenie te hoë verwagtinge koester nie.  Om 10kg in 2 weke te wil verloor is onrealisties.  Mik vir volhoubare doelwitte soos 0,5kg /week of 1-4kg/maand.  Al verloor jy net 1kg elke maand, kan jy 12kg in `n jaar verloor.
  • Stel realistiese doelwitte – moenie te hoë verwagtinge koester nie.  Om 10kg in 2 weke te wil verloor is onrealisties.  Mik vir volhoubare doelwitte soos 0,5kg /week of 1-4kg/maand.  Al verloor jy net 1kg elke maand, kan jy 12kg in `n jaar verloor.
  • Beplan jou etes – niks is so frustrerend as wanneer jy gesonder wil eet, maar daar net pap en wors is om te eet of net pasta en maalvleis nie.  Die kanse is dat mens dan te veel sal wil eet.  Hou groente en slaai en vrugte in die huis aan.  Beplan jou etes en doen vooruit “meal prepping” om seker te maak jy eet gesond.
  • Sit wanneer jy eet – moenie so in die verbygaan iets gryp om te eet nie.  Dis amper `n waarborg dat mens te veel gaan eet of onvergenoegd gaan voel na ete as jy sommer so tussen die werk deur iets gryp om te eet.  Fokus op jou kos, elke happie en geniet die kleur, tekstuur, geur en smake.  Na `n ete wat mens rustig en gefokus (mindful)  geëet het, voel mens baie meer versadig en tevrede en is mens nie so geneig om te ooreet nie.
  • Kry oefening – oefening laat mens soveel beter voel en is `n gratis anti-depressant en eetlus demper.  Oefening help ook om jou spiermassa te behou terwyl jy vetmassa verloor.  Moenie wegtrek en jou so ooroefen dat jy vir die volgende week of 2 glad nie kan loop nie, vat dit rustig en bou geleidelik aan jou fiksheid.
  • Buddy up – kry iemand om saam met jou gesond te eet of saam met jou te oefen. Dis lekker as `n paartjie saam gesond eet en oefen.  Of sleep `n vriend/virendin saam om te oefen en julle kan sommer lekker kuier so tussen die oefenry deur.
  • Hou dagboek van jou etes en moenie dit net neerskryf nie, kyk daarna en maak seker dis in lyn met jou eetplan.  Dikwels dink on sons het net 1x gekroek die week, maar as mens neerskryf sien mens makliker dat daar dalk Maandag `n glas wyn en Dinsdag `n koeksister en Donderdag `n pakkie chips en Saterdag `n wegneemete was en dan verklaar dit hoekom die massaverlies nie na wense is nie.  Dit help ook om neer te skryf dat mens seker kan maak jy eet genoeg vrugte en groente en drink genoeg water.
  • Gebruik `n bietjie geduld.  Ons lewe in `n kits wereld – mens druk `n knoppie en iets gebeur.  Met massaverlies is dit ongelukkig so dat al die bietjies wat `n mens reg doen, wel op die einde `n verskil maak, maar dis nie dalk so groot en vinnige verskil soos mens verlang nie.  Om slegte gewoontes te verander vat tyd, byt net vas en jy sal die verandering sien.

Massaverlies is `n marathon, nie `n sprint nie en dit sal tyd vat, maar al die harde werk, beter keuses en deurdruk is sooooo die moeite werd. 

“A little progress each day adds up to big results.  It is not just the weight you lose, but the life you gain!”

   It is not a diet, it is a lifestyle – Antonette

Still hungry? Here’s more

SPRING SPECIAL!!

R100
Registration

Use the code SPRING2025, and you will only pay *R100 for the registration.

*Normal monthly fees apply